Vrywilliger/Volunteer

Diens aan die Gemeenskap van Gelowiges

Om deel te wees van die bou van die plaaslike gemeente is ‘n besondere voorreg. Een van die maniere waarop elkeen betrokke kan raak, is deur vrywillig te dien.

Vrywillige diens is wanneer iemand wat nie noodwendig deel van die gemeentepersoneel is nie, sy of haar tyd, energie en talente gee om ‘n spesifieke bediening of diensarea binne die gemeente te help bou. Wat hierdie mense so besonders maak, is dat hulle dikwels dien sonder om erkenning daarvoor te ontvang.

Vrywilligers moet bereid wees om Christus en hulle broers en susters met nederigheid te dien, sonder die verwagting om in die kollig te wees. Die hart van vrywillige diens is om mense lief te hê, mense te dien en in hulle lewens te belê.

Serving The Community Of Believers

 

To be a part of building the local church is an immense privilege. One way that everyone can be involved in this is through volunteering.

Volunteering is where someone who isn’t necessarily on the staff of the church, makes a contribution of their personal time, energy and talents to building an area within church life. Something that makes them even more remarkable is that they often go unrecognized.

Volunteers must be willing to humbly serve Christ and their brothers and sisters without ever expecting to shine in the spotlight. The heart of volunteering is that it’s all about loving people, serving people, and investing into their lives.