Wie ons is/Who We Are

Kingdom Light Church Strand

Pastor Dave and Elbi Basson
Pastor Shawn and Esther Basson

Kingdom Light Church is gebore uit ‘n eenvoudige, maar kragtige gehoorsaamheid aan die roepstem van God.

Dave en Elbi Basson het lank voordat dit hul nalatenskap geword het, reeds die vuur vir kerkplanting gedra. Hulle het in ‘n klein dorpie in die Kaap begin deur huiskerke in drie omliggende dorpe te plant. Getrou het hulle week ná week gemeenskappe bedien, mense toegerus en in hulle belê. Dit was nie bloot ‘n bedieningstrategie nie – dit was ‘n Geesgedrewe roeping wat nie ingeperk kon word nie.

Toe God hulle in 2005 na Kaapstad gelei het, het wat aanvanklik ‘n basis vir rondreisende bediening was, vinnig gegroei tot vyf bedieningspunte in die omliggende gebiede. Dit was duidelik dat die Heilige Gees aan die werk was, en die kultuur van vermenigvuldiging wat hulle gedra het, het net verder gegroei.

Met meer as 40 jaar se gesamentlike bedieningservaring, profetiese leiding en ‘n onwrikbare “ja” vir God, was dit net ‘n kwessie van tyd voordat die volgende generasie die roeping sou opneem. In 2017 het hul seun, Shawn, die leiding oorgeneem, terwyl Dave steeds as geestelike vader dien – ‘n fondament van wysheid, geloof en liefde.

Die hart van KLC was nog altyd ‘n diep liefde vir pastore – om hulle op te bou, te ondersteun en saam met hulle te stap in die uitdagings van bediening. Ons begeerte is om die Koninkrykslig van God tot in elke uithoek van die aarde te sien skyn.

Vandag brei die netwerk steeds wêreldwyd uit deur saam te werk met kerkplantingsnetwerke regoor die wêreld. Ons leef met ‘n groot verwagting vir dit wat God volgende gaan doen.

Ons visie bly onveranderd: om die verlorenes gered te sien, dissipels te maak en gelowiges toe te rus vir die werk van die bediening deur die plaaslike kerk.

Kingdom Light Church was born out of a simple yet powerful obedience to the call of God.

Dave and Elbi Basson carried the fire of church planting long before it became their legacy. Beginning in a small town in the Cape, they pioneered home churches across three surrounding towns, faithfully ministering and pouring into communities during the week. This wasn’t just a ministry strategy – it was a Spirit-led heartbeat that couldn’t be contained.

When God directed them to Cape Town in 2005, what began as a base for itinerant ministry rapidly grew into five ministry points across the surrounding areas. The Holy Spirit was clearly at work, and the culture of multiplication they carried only deepened with time.

With over 40 years of combined ministry experience, prophetic word, and an unwavering yes to God, it was only a matter of time before the next generation stepped into the calling. In 2017, their son Shawn took the reins and Dave continues as spiritual father – a foundation of wisdom, faith, and love.

At the heart of KLC has always been a deep love for pastors – to uplift, support, and walk alongside those in the trenches of ministry. To see the kingdom light of God fill every corner of the earth.

Today the network continues to expand globally, collaborating with church planting networks around the world. We carry a great expectation for what God is about to do.

Our vision remains unchanged : to see the lost saved, discipled, and the saints equipped for the work of ministry through the local church.

Kingdom Light Church Malmesbury

Pastor Fanna and Anne Harmse

KLC Malmesbury is meer as 19 jaar gelede deur Dave en Elbi Basson in ‘n huis geplant. Hulle, saam met Shawn Basson en talle plaaslike en internasionale bedienaars, het weekliks die groeiende gemeente bedien.

Gedurende 2020 het die gemeente na ‘n gebou in Spoorwegstraat 10, Malmesbury, verhuis. In Februarie 2022 het die kerk na sy huidige perseel bo die Nedbank-gebou, op die hoek van Voortrekker- en Sarel Cilliersstraat in Malmesbury, verskuif.

Fanna en Anne Harmse het deel geword van die KLC-familie, en in Januarie 2021 het hulle vanaf Groblersdal in Limpopo na Malmesbury verhuis om die gemeente te kom lei. Hulle is al meer as 39 jaar in bediening betrokke en dien reeds langer as 20 jaar in voltydse bediening.

KLC Malmesbury was planted in a house more than 19 years ago by Dave and Elbi Basson. They as well as Shawn Basson and many other local and international ministers, ministered to the growing congregation on a weekly basis.

During 2020, the congregation moved into a building situated at 10 Spoorweg str. Malmesbury. In Feb 2022 the Church moved to new premises situated above the Nedbank building at the cnr of Voortrekker and Sarel Cilliers str. Malmesbury

Fanna and Anne Harmse became part of the KLC family and in January of 2021, they moved down from Groblersdal in the Limpopo Province, to pastor the congregation. They have been involved in ministry for over 39 years and in full time ministry for more than 20 years.

Kingdom Light Church MaCASSAR

Pastor Timothy and Nadine Davids

KLC Macassar word gelei deur Timothy en Nadine Davids. Hulle het in 2025 deel geword van die KLC-familie. God doen ‘n kragtige werk in Macassar deur hierdie Godvresende egpaar.

KLC Macassar is led by Timothy and Nadine Davids. They joined the KLC Family in 2025. God is doing a mighty work in Macassar through this God fearing couple. 

Ons Visie

Die Volheid Van Christus

Our Vision

The Fullness Of Christ

Ons visiestelling

Om elke gelowige Verenig, Volwasse en in die Volheid van Christus te sien Leef

Our Vision Statement

To see every believer United, Mature, and Living in the Fullness of Christ

Ons missie

Toerus/Kweek/Openbaar

Our Mission

Equip / Cultivate / Reveal

Ons missiestelling

Ons Rus gelowiges toe, Kweek 'n Koninkrykskultuur en Openbaar Hemel op aarde deur Genade, Waarheid en Liefde

Our Mission Statement

We Equip believers, Cultivate Kingdom culture, and Reveal Heaven on earth through Grace, Truth, and Love

Ons waardes

Die Woord en die Gees/Liefde en Diens/Familie/Groei/Genade en Waarheid/Kultuur van Eer/Die Bonatuutlike/Profetiese Gawes

Our Values

The Word and the Spirit/Love and Service/Family/Growth/Grace and Truth/Culture of Honour/The Supernatural/Prophetic Gifting

ons mandaat

Om die Goeie Nuus te verkongdig oor: God se Genade/God se Barmhartigheid/Die Voltooide Werk van die Kruis/Ons Geregtigheid/Seunskap

Our Mandate

To Minister on the Good News of: God's Grace/God's Mercy/The Finished work of the Cross/Our Righteousness/Sonship